Glasryk

Voorbeelde van kunsvolle glasvoorwerpe uit die Sweedse Glasryk

Die sogenaamde Glasryk (Sweeds: Glasriket) in die historiese provinsie Småland in Suidoos-Swede is sedert die 18de eeu die tradisionele geografiese sentrum van die Sweedse glaskuns en behels vandag veertien glasfabrieke en 'n verskeidenheid kleiner ondernemings in die munisipaliteite Emmaboda, Nybro, Uppvidinge en Lessebo. Die meeste glasfabrieke is in klein dorpe soos Kosta, Orrefors, Nybro oder Lessebo gesetel, terwyl Växjö met sy glasmuseum in die weste van die Glasryk as die hoofstad van die gebied beskou word.

Die glasfabrieke en hul kunsvolle produkte het lankal 'n onmisbare deel van die Sweedse kultuur geword, en voorbeelde van dekoratiewe glaskuns uit die gebied word in baie Sweedse huise en woonstelle aangetref.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search